18-03-2007 - More gaan Gaston weg
My eerste berig in my weblog. Almal praat hiervan, vir my is dit alles nuut, maar tog 'n lekker manier om kontak te behou met familie en vriende hier en in die buiteland. Die rede waarom ek 'n weblog begin is omdat my man, Gaston more met vakansie gaan na Suid-Afrika. Lekker vir hom, sleg vir ons, want ons sal hom so baie mis. Hy doen so baie vir ons. Vir hom is dit ook nie maklik om ons alleen te laat nie, maar daar is sekere dinge in die lewe wat nou een maal moet. Met ons bedoel ek, Riesa (dit is ek), Andrea en Belinda. Gaston is byna 46, ek 32, Andrea 8 en Belinda 7. Gaston het ook nog vir Werner, Anton, Jeannie, Maudie en Carel in Suid-Afrika. Ek het ook 'n dogter Mariza in Suid-Afrika. Sy word in September 16 dan gaan ek weer alleen na Suid-Afrika. Ons het in 1999 na Nederland gekom om 'n beter toekoms vir ons kinders te bou. Dit is moeilik hier in die buiteland. Ons wil elke dag terug, veral Gaston het baie probleme daarmee, maar die feite is dat ons nooit in Suid-Afrika dieselfde vir ons kinders kan doen. My ouers, Giel en Marie de Wet bly nog in Suid-Afrika nes my broer Michiel en sy vrou Cornel. Ek het ook 'n suster, Betsie en broer Kobus, maar het in die loop van tyd ongelukkig kontak verloor. Dit is 'n bietjie oor ons. Saai hoor!!!!
Gepost door: riesa op 18-03-2007 om 18:53
|
|